Maranata Care Centre Musiekdag, gehou op 26 September 2026. Uitgawes was vir die inhoud van lekkerny-bederf pakkies vir elke inwoner en kind, 68 volwassenes en 10 kinders, asook die verpakking van die pakkies, pannekoek en vetkoek. Ons het verder geskenke vir prystrekkings uit ons eie sakke gekoop, en ons het net 'n paar skenkings vie die pryse gehad. Ons het ook pannekoeke en vetkoeke gemaak, op eie koste en uit die liefde vir ons medemens. Dit was so 'n lekker dag, en die mense het nog twee dae later laat weet hoe hulle dit geniet het en waardeer.
Daar is nog geen goedgekeurde foto's vir hierdie projek nie.